Hoe om by ons uit te kom

MO & ROSE lê in die Robertson-wynvallei tussen Robertson en Ashton op die R60, wat as die gewilde Roete 62 bekend staan.

Aanwysings van Kaapstad / Lughawe

Neem die N1 in die rigting van Paarl, volg dan die padtekens na Worcester en ry deur die Hugenote-tonnel. Bly op die N1 tot jy die afdraai na Robertson sien (regs). Kyk uit vir die padteken wat die R60 na Robertson aandui. Ry deur Robertson en bly op die R60 in die rigting van Ashton. Ongeveer 7 km buite Robertson sal jy die padteken "Klaasvoogds-Wes" sien. Draai daar links. Volg die pad vir 1,5 km na MO & ROSE by SOEKERSHOF aan jou regterkant. Pasop vir snelstrikke in Robertson!

Aanwysings van Oudtshoorn

Volg die padtekens na die R62. Ry deur Barrydale na Montagu. Ry deur Montagu en die Cogmanskloof na Ashton – die R62 het nou die R60 geword. Ongeveer 5 km verby Ashton, reg oorkant die Agter-die-dam-padstal, is die afdraai regs na Klaasvoogds-Wes. Volg die pad vir 1,5 km na MO & ROSE by SOEKERSHOF aan jou regterkant. Pasop vir snelstrikke in Montagu en Ashton!