Tyd vir die innerlike

MO & ROSE SE WYNBISTRO is in die gerestoureerde ou skuur ingerig waar ons die kuns van eet en drink vier. Geniet die ongekunstelde atmosfeer. Vergeet van die horlosie en selfoon terwyl jy deur die betowerende woud van vetplante dwaal.

Vars en organies

Jy sal ver gaan soek vir varser en gesonder kos! MO & ROSE se beleid is om net die varsste en beste plaaslike produkte te gebruik. Die meeste van die groente en kruie kom uit ons eie organiese kombuistuin. Ons streef gesofistikeerde eenvoud en egtheid in alles na, ook ons kos. Smul aan die beste wat die Kaapse Wynlande in elke seisoen bied, met ’n tikkie Mediterreense inspirasie daarby. Interessante peuselhappies wakker die eetlus aan terwyl jy die geure opsnuif van die vleisfees wat op die oop braai voorberei word. Ons wynversameling bring hulde aan die vog van die wingerd met uitsoekwyne van plaaslike en ander bekende kelders.

In die kombuis

Liplekkergeregte is ons passie!

Aandete
Summer: 18 October 2015 - 30 April 201618:00 - 21:00
Winter: May, June, August, Septemberopen on Wednesday, Thursday, Friday and Saturday 18:00 - 20.30 (reservation required)
FOR INHOUSE GUESTS: open daily with prior reservation (July excluded)
CLOSED: 26 June - 26 July 2016